'Phuza Thursday' afgestel ná Survivor-man se ongeluk

2010-03-10 13:22
Tweets Share Share line Print

Dorette Marais

Kaapstad - Die platejoggie Gareth Cliff het op die sosiale netwerk Twitter gesê die radiostasie 5FM se weeklikse instelling 'Phuza Thursday', sal Donderdag afgestel word.

Dit kom nadat die musikant Molemo Maarohanye, beter bekend as Jub Jub, en Themba Tshabalala, ’n vriend, na bewering in twee Mini Coopers tussen ‘n klomp kinders ingeploeg het. Hulle was glo onder die invloed van alkohol toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Cliff sal 'Phuza Thursday' nie more gevier word nie om ‘n punt te maak oor dié kinders se tragiese dood.

Phuza is ‘n Zulu-term vir drink en 'Phuza Thursday', word weekliks op ‘n Donderdag ‘gevier’. Dié konsep is glo deur Cliff self uitgedink nadat hy kommentaar gelewer het oor inwoners van Johannesburg wat hul naweek op ‘n Donderdag al begin vier deur dronk te raak.

Die radiostasie sê tog gereeld dat net omdat die woord Phuza drink beteken, dit nie noodwendig die inname van alkohol moet wees nie en dat hulle nie dronkbestuur ondersteun nie.

Prince Mahube (17), Phumelelo Masemelo (16), Mlugisi Cwayi (17) en Andile Mthombeni (19) is Maandag tydens dié voorval dood.  Dié vier vriende is op die toneel dood, terwyl twee ander skoolkinders, Fumani Mushanana (17) en Frank Mlabo (18), ernstig beseer is en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is.

Maarohanye, wat ook ’n deelnemer aan Survivor SA: Santa Carolina was, en Tshabalala het glo resies gejaag toe die ongeluk gebeur het.

Die twee mans het Woensdagoggend kortliks in die beskuldigdebank van die Protea-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord, twee aanklagte van poging tot moord, ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur en een van bestuur onder die invloed van alkohol.
 
- Nuus24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Sfeil bultjie om te klim. bewys na twaa;f jaar? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.