Petra Müller op 75 onblusbaar

2010-07-27 09:24
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die skrywer Petra Müller is ­vandag “’n onblusbare 75”.

Só sê die ouduitgewer Charles Fryer wat in die jare tagtig saam met haar by Tafelberg- Uit­­gewers gewerk het. “As Dalene Matthee nog hier was, sou sy gesê het: ‘Skaam jy jou nie voor die Here dat jy nie ouer word nie?’ Maar dit het te doen met goeie gene en bly­moedigheid wat elke dag opnuut sprankel.”

Hy sê Müller het “’n in­gebore wysheid, ’n springbron van ­onbesoedelde menslikheid, wat met die jare net toegeneem het”.

“Die wens wat ek vandag vir ­Petra het, is om die lewe te vier in sy heilige aardsheid. En vir vorentoe: Skryf nog poësie wat asemhaal, wat die stilte besweer – die stilte wat ons omsluit ten spyte van ons baie woorde, ons strome klank, die stilte van ons onbeantwoorde vrae, van ons dooies, van die misterie van God.”

Oor haar digkuns het die ­lite­rator ­Louise Viljoen by die toeken­ning van die Hertzog­prys vir Die Aandag van jou Oë in 2005­ gesê: ­“Petra Müller is ’n waardige ­genoot vir ... Louw se Tristia, dele van Breytenbach se werk, ­Cussons se Die Swart Kombuis en Opperman se Komas uit ’n Bamboesstok.”

Vir Jeanne Goosen, ’n skrywer wat in die sewentigerjare vir ­Müller leer ken het toe sy verhale­redakteur by Sarie was, “bestaan daar net een pil wat werk teen ­sinisme, en dis Petra Müller”.

Die skrywer Hennie Aucamp sê Müller is ­onteenseglik een van die beste kortverhaalskrywers in ­Afri­kaans. “En as ek dit sê, kyk ek ­terug oor meer as ’n eeu.

“Op haar beste skryf sy ­‘klas­sieke’ verhale wat haar in ­gesel­skap van Jan van Melle, I.D. du Plessis, Abraham H. de Vries, ­Elise Muller en ander ‘groot ­kanonne’ plaas. Is dit toevallig dat sy verlangs verwant is aan Elise Muller wat die Hertzogprys vir haar kortver­hale gewen het? Ook Petra sou dié gesogte prys vir haar ver­hale kon verower het.

“Sy hét die Hertzogprys gewen, maar vir haar poësie, wat vir my op ‘poëtiese geregtigheid’ neerkom: Is die kortverhaal in die hand van ’n meester nie ook maar poësie nie?

“In ’n telefoongesprek het Petra ­onlangs vir my gesê: ‘Om die mens­wetenskappe te verstaan, moet ­jy­self mens wees’. Met ’n toegewing hier en daar sou ’n mens kon ­beweer die ­letterkunde is by uitstek ’n mens­wetenskap. Het Terentius nie al ­gesê: ‘Ek is ’n mens: niks mensliks is aan my vreemd nie?’

“Party skrywers is gelukkiger as ander: Hulle is vroeg al geskool in die menskunde. Petra se vader was ’n polisieman, en van hom het sy twee van haar allermooiste verhale gekry: ‘Dis dag, Hans Klou’ en ‘Brood­doek’. Verder het sy in ­lan­de­­like omgewings groot­­­ge­word, dié van die Overberg, en M.E.R en Anna Rothmann baie goed geken: mens-mense. Maar die inkyk in die psige van die medemens, dié het Petra ­verfyn tot iets wat bó wetenskap uitgaan, en wat by gebrek aan ’n woord kuns moet heet. Die kuns, onder meer, van mededoë, van oorwoë vertel, met be­son­dere ­aandag aan toon­waar­des.”

Nèlleke de Jager, uitgewer van Kwela Boeke, het saam met MüllerNuwe Stemme 2 saamgestel. Sy vertel: “Dit sou moeilik wees om haar bydrae tot veral die Afrikaanse ­boekebedryf na waarde te skat.

“Ontel­baar hoeveelheid skrywers het al by haar insig en kundigheid ­ge­baat?– om maar ’n paar op te noem met wie ek al saam gewerk het: Pat Stamatélos, Kgebetli ­Moele, Ilse van Staden, Anchien Troskie (die skrywer van Dis ek, Anna). Die ­boekebedryf sou sowaar ’n leër, dowwer plek sonder Petra gewees het.”

Riana Barnard, ’n uitgewer van Tafelberg-Uitgewers, sê: “As uit­gewer is sy ­sekerlik een van die onbesonge helde. Sy is wel in 1995 bekroon as Boekjoernalis van die Jaar, maar haar bydrae tot die uitgewers­bedryf het hoofsaaklik ágter die skerms geskied. Oor ­menige ­manu­skrip wat onopvallend in ’n plastiek­sak op haar tafel land en uiteindelik topverkopersukses ­be­haal, plaaslik én in die buiteland, daaroor praat sy nié. In die tien jaar dat sy vir manuskripontwikkeling by Tafelberg verantwoordelik was, is publikasies van dié uitgewershuis nege keer met die Eugène ­Marais-prys bekroon.”

De Vries, samesteller van Die Afrikaanse Kortverhaalboek, sê: “Wie van Müller se sensuele, ­malse, aardse verhale net die ­‘kontrei’- aspek raaksien, mis die skagte ­in­sig in die menslike ­toestand. Ja, natuurlik is die ­werwe van haar wêreld die glooiinge van die Rûens. Maar die bestes stuur nie af op die omtes van die kontrei en sy knoet­sige bewoners nie, maar op die ­intes van ons ­gedeelde menswees: In die ‘hulle’ skuil daar telkens ’n ‘ons’.”

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes  |  vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.