Perry, Bruckheimer, Spielberg rol in die geld
2011-09-14 15:49
Los Angeles - Tyler Perry, Jerry Bruckheimer en Steven Spielberg is bo-aan die lys van die bes betaalde mans in die vermaaklikheidsbedryf.
Perry, wat ‘n akteur, regisseur, rolprentskrywer, vervaardiger en skrywer is, bekleer die eerste plek op die lys wat deur Forbes.com saamgestel is.
Perry het vir die finansiële jaar van 2010 tot 2011 altesaam $130 miljoen (sowat R961 miljoen) verdien.
Tydens hierdie tyd het Perry geld gemaak van sy televisieprogramme Meet the Browns en House of Payne. Hy het ook die films
Madea’s Big Happy Family en Why Did I Get Married Too geskryf, vervaardig, die regie hanteer en hy het ook self in die films gespeel.
Perry het ook die film For Coloured Girls verwerk en dit vervaardig asook die regie gehanteer.
Tweede op die lys is Jerry Bruckheimer. Alhoewel die twee films wat hy vervaardig het, The Sorcerer's Apprentice en Prince of Persia: The Sands of Time, nie so goed gedoen het by die loket nie, het hy steeds ongeveer $113 miljoen (sowat R835 miljoen) gemaak.
Dit is ook grootliks te danke aan die sukses van Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides wat $1 biljoen (sowat R7 miljard) ingebring het.
Steven Spielberg is in die derde plek met $107 miljoen (sowat R790 miljoen) wat hy uit films soos War Horse en The Adventures of Tintin gemaak het.
Hier volg ‘n volledige lys:
1. Tyler Perry, $130 miljoen (sowat R961 miljoen)
2. Jerry Bruckheimer, $113 miljoen (sowat R835 miljoen)
3. Steven Spielberg, $107 miljoen (sowat R790 miljoen)
4. Sir Elton John, $100 miljoen (sowat R739 miljoen)
5. Simon Cowell, $90 miljoen (sowat R665 miljoen)
6. James Patterson, $84 miljoen (sowat R621 miljoen)
7. Dr Phil McGraw, $80 miljoen (sowat R591 miljoen)
8. Leonardo DiCaprio, $77 miljoen (sowat R569 miljoen)
9. Howard Stern, $76 miljoen (sowat R562 miljoen)
10. Tiger Woods $75 miljoen (sowat R554 miljoen)
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.