Penn help in Haïti
2010-03-17 03:56
Port-au-Prince - Die Hollywood-akteur Sean Penn het met Ban Ki-Moon, die VN se sekretaris-generaal, ontmoet tydens sy besoek aan Haïti.
Nadat hy verlede week die Oscar-toekennings bygewoon het, het Penn teruggekeer na Haïti waar hy slagoffers van die noodlottige aardbewing wat in Januarie getref het, help.
Dit maak deel van Penn se nuwe liefdadigheidsorganisasie, die Jenkins-Penn Haiti Relief Organisation. Dié organisasie verskaf burgerlikes met mediese sorg, waterfilters en kos.
"Ek dink die situasie hier is baie ingewikkeld,” het Penn gesê.
Duisende gesinne het al by dié sowel as ander organisasies se hulp gebaat, maar daar is kommer oor geweld en korrupsie wat glo organisasies se pogings pootjie.
Lees hier meer.