Penis-tweet was 'n grap, sê Graeme Smith
2012-06-16 07:30
Kaapstad – Graeme Smith en sy vrou, Morgan Deane, het gesê die tweet oor die krieketkaptein se "reuse-penis" was 'n onskuldige grap.
Die paartjie het Vrydag vir die eerste keer kommentaar gelewer oor die tweet.
Morgan, wat tans swanger is met die paartjie se eerste kind, het Dinsdag aan haar volgelinge getweet: "Baby @GraemeSmith49, ek het hierdie boek vir jou in die hande gekry, dit behoort jou probleme op te los.”
Sy het ‘n foto van ‘n boek getiteld How to Live with a Huge Penis saam met die tweet gelaai.
"Morgan het 'n bababoek gesoek wat iemand voorgestel het," het Smith gesê.
"Sy was in die mediese/gesondheidsafdeling van die winkel toe sy die boek sien. Op die ingewing van die oomblik het sy dit aan my getweet. Dit was duidelik net bedoel om onskuldige humor te wees."
Morgan, wat in Ierland gebore is en na Kaapstad verhuis het nadat sy en die krieketster in Augustus verlede jaar getroud is, het gesê sy kan nie verstaan waaroor die groot bohaai is nie.
"Ek is afkomstig van 'n land waar sin vir humor en die vermoë om vir onsself te lag eintlik deel van ons kultuur is.
"Ek is geskok om van die goed te hoor en te lees wat die mense oor my en Graeme sê. In Ierland sou mense lag en aanbeweeg."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter