Penelope se ‘droom-jaar’

2009-11-19 12:30
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Penelope Cruz voel ongemaklik om oor haar naaktonele te gesels, en het glo ‘n allergie vir etikette.

Maar wanneer sy oor haar ‘droom-jaar’ praat, en haar twee rolprente wat binnekort by teaters vertoon gaan word, raak sy woordryk en mededeelsaam.
 
Die eerste rolprent wat haar aan die gesels kry is Broken Embraces, vervaardig deur Pedro Almodovar. Dit is Cruz se vierde rolprent in oorleg met dié rolprentmaker, wat gehelp het om van haar ‘n stêr te maak.

Die tweede rolprent wat die aktrise laat breed glimlag, is ‘n musikale blyspel, Nine, deur die vervaardiger Rob Marshall, wat haar stem en danspassies bietjie uitgedaag het.

Albei rolprente sal hopelik stemme vir 'n Oscar benoeming verwerf, gedurende Hollywood se toekennings-seisoen.

“Ek kan voel ek het baie geleer, omdat die rolprente so verskillend van mekaar was. Om vir die eerste keer professioneel te sing en dans in Nine, was ‘n skrikwekkende ervaring. Terwyl Broken Embraces weer soos drie vroue in een was. Ek voel soos die gelukkigste meisie in die wêreld,” het die Spanjaard gesê.

Broken Embraces maak Vrydag in Amerikaanse teaters oop, nadat dit goeie resensies by rolprentfeeste gekry het.

Nadat sy reeds die rolle van ‘n prostituut, kloostersuster, transvestiet en ook ‘n vrou wie se man in ‘n yskas begrawe is, gespeel het, het sy nou die uitdagende rol van ‘n arme assistent vir ‘n geldmagnaat gespeel in Broken Embraces.

“Elke keer wat Pedro ‘n manuskrip aan my gegee het, het ek my alles gegee. Die karakters wat ek gespeel het, was so verskillend van mekaar en van die tipe mens wat ek is,” het sy gesê.

- Reuters
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.