Paz Vega skenk geboorte
2010-08-17 05:11
Madrid – Paz Vega, die Spaanse Hollywood-aktrise het aan 'n seun geboorte geskenk, het 'n hospitaal in Madrid aangekondig.
Vega se babaseun is Vrydag gebore en het 2,7 kg geweeg.
Dit is die derde kind vir die 34-jarige Vega en haar man, Orson Salazar. Die paartjie het ‘n driejarige seun, Orson en ‘n dogter, Ava wat op 17 Julie 2009 gebore was.
Vega is bekend vir haar rolle in Spanglish, The Spirit en Triage.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP