Pasella-aanbieder 'n dogter ryker
2012-02-09 15:04
Kaapstad – Die Pasella-aanbieder Dieter Voigt het Donderdag op sy Facebook-blad aangekondig dat sy dogtertjie, Mijean, gebore is.
"Mijean is gebore na 9 maande se wag! Sy weeg 3,47 kg en is n engel! Giver of Life we praise you Living God!" het hy opgewonde geskryf.
Voigt, die voormalige Mnr. Suid-Afrika, en sy vrou, die 2005 Idols-finalis Martelize van Niekerk, het verlede jaar getrou.
Gelukwense van aanhangers het op Facebook vir dié twee ingestroom.
– Kliek hier om Voigt se Facebook-blad te besoek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24