Parlotones sanger op Idols te siene
2010-03-16 04:25
Johannesburg – Die gewilde reeks Idols is binnekort weer terug op Suid-Afrikaners se kassies, dié keer met ‘n gasbeoordelaar.
Dit kom nadat Dave Thompson aangekondig het dat hy nie in die nuwe seisoen van Idols sal wees nie.
Volgens Today sal Kahn Morbee, die hoofsanger van die groep The Parlotones, ‘n gasbeoordelaar wees vir die Johannesburgse oudisies wat op 24 April in Sandton sal plaasvind.
“Idols is wat dit is, en dit is cool dat ek betrokke is. Ek is net bly ek is ‘n beoordelaar en nie ‘n deelnemer nie,” het Morbee gesê.
Kliek hier vir meer.