Paris weer in die hof
2009-07-15 12:45
Florida, VSA – Die skatryk hotel-erfgenaam, Paris Hilton, staar ‘n reuse-hofgeding in die oë nadat sy glo nie aan bemarkingsvereistes van die 2006 flop film “Pledge This!” voldoen het nie.
Volgens die webtuiste Skynews.com meen Hilton sê sy het alles in haar vermoë gedoen om die rolprent te bemark. Dié 28-jarige miljoenêr het erken dat die film ‘n finansiële-mislukking was, maar sy weier om verantwoordelikheid daarvoor te neem.
Hilton moes al van te vore 'n paar dae in die tronkselle deurbring nadat sy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.
Lees meer op www.skynews.com