Paris maak seker kêrel onthou haar
2009-08-28 13:25
Hollywood - Paris Hilton het haar kêrel verras – deur sy hele huis vol foto’s van haarself te hang.
Hilton moes vandeesweek na Kanada vertrek om in ‘n episode van die TV-reeks “Supernatural” te verskyn.
Volgens ‘n bron het sy haar kêrel, Doug Reinhardt, se hele huis vol foto’s van haarself gehang as ‘n herinnering aan haar en aan hul verhouding.
Hilton en Reinhardt het onlangs opgemaak na ‘n twee maande lange breuk in die verhouding.
Hilton, wat nie haar kêrel se toestemming vir die binnehuise versierings gevra het nie, het ook foto’s van die twee saam opgehang.
Die bron het aan E! Online gesê daar was “slegs ‘n paar foto’s wat Hilton se herversiering oorleef het”.
- BANG! Media International