Paris by oorde belet ná dwelmvonds
2010-09-02 05:16
Las Vegas - 'n Casinobeampte sê die sosiale vlinder Paris Hilton is by twee Wynn-oorde belet en haar kêrel is afgedank as nagklubbestuurder ná hulle inhegtenisneming.
Jennifer Dunne, Wynn-woordvoerder, het Woensdag gesê Hilton sal nie meer op die eiendom toegelaat word nie.
Dunne het ook gesê Cy Waits is "verwyder" van sy werk as besturende vennoot van die Tryst-nagklub by Wynn en die XS The Nightclub by Encore.
Hilton is Vrydag in hegtenis geneem ná kokaïen in haar besit gevind is, en Waits is in hegtenis geneem op die vermoede dat hy dronkbestuur het.
- AP