Paris Hilton laat hare rys in Mekka
2012-11-22 11:44
Los Angeles – Die sosiale vlinder Paris Hilton se nuwe winkel in Mekka, het onrus veroorsaak in die heilige stad.
Gegewe die reëls oor vroue in die Moslem-geloof, word vroue, wat bekendheid verwerf het weens 'n seksvideo, nie altyd met ope arms verwelkom nie, berig CNN.
Hilton het op die sosiale netwerk Twitter aangekondig dat haar nuwe winkel by die Mecca-winkelsentrum in Saoedi-Arabië sy deure oopgemaak het.
"Dit is die vyfde winkel in Saoedi-Arabië en winkel 42 in totaal. So trots om my handelsmerk uit te brei," het sy later bygevoeg.
Die feit dat haar winkels luukse items in Saoedi-Arabië verkoop is nie die probleem nie, maar eerder Hilton se persoonlike beeld.
"Dit is onnodig om haar winkel hier te hê. Ons het dit nie nodig nie. Indien dit in ons hande was, het ons al haar winkels in Saoedi gesluit," het sjeik Adnan Baharith, 'n geestelike leier, gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter