Parfuum-bloutjie kan Prince miljoene kos
2011-09-03 22:23
Burbank – 'n Oorhaastige besluit om sy eie parfuum uit te reik kan die sanger Prince duur te staan kom, berig die vermaaklikheidswebwerf TMZ.com.
'n Regter het bevind dat die kunstenaar moontlik sowat $4 miljoen (ongeveer R28 miljoen) sal moet opdok omdat hy versuim het om 'n ooreenkoms met die maatskappy wat die parfuum sou maak, na te kom.
Revelations Perfume and Cosmetics het Prince in 2008 oor die 3121-parfuum hof toe gesleep omdat die sanger volgens hulle nie sy deel van die ooreenkoms nagekom het om die parfuum te bemark nie.
'n New Yorkse hof het beslis ten gunste van Revelations, en 'n raadgewer wat skadevergoedingseise beoordeel het aanbeveel dat Prince $3,948,798.58 moet opdok.
Die regter sal op 1 November besluit of hy die raadgewer se aanbeveling aanvaar.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.