Palin suur oor Downsindroom-grappe
2010-02-17 16:31
Los Angeles - Sarah Palin, die voormalige Amerikaanse visepresidents-kandidaat, was al baie die onderwerp van menigte grappe, maar ‘n onlangse gekskeerdery oor haar Downsindroom-seun, was volgens haar te ver gevat.
Die omstrede televisieprogram, The Family Guy, het in ‘n onlangse episode glo met haar seun gespot. In die episode was daar ‘n vroulike karakter met Downsindroom wat gesê het sy is die dogter van ‘n rekenmeester en dat haar ma die voormalige goewerneur van Alaska is.
Vir Palin en haar gesin was dit te voor op die wa en hulle het die vervaardigers van dié program as “hartelose skobbejakke” beskryf.
Lees meer by www.tonight.co.za.