Palin-boek reeds topverkoper
2009-10-01 10:26
New York - Sarah Palin het haar boek net so vinnig voltooi as wat dit van die rakke af gevlieg het.
Palin se uitgewer HarperCollins het aangekondig die vrystelling van haar memoir, Going Rogue in November gaan plaasvind.
Voorafbestellings het twee dae later ingestroom wat die voormalige goewerneur van Alaska as topverkoper op die webwerf Barnes & Noble laat skitter het.
Sy het ook op die hakke van Dan Brown se Lost Symbol in tweede plek op Amazon.com geëindig.
Palin het in samewerking met die skrywer Lynn Vincent haar 400 bladsy lange boek in minder as vier maande voltooi.
Sy het ‘n ooreenkoms met haar uitgewers aangegaan wat beplan om sowat 1.5 miljoen kopieë te druk.
- Sapa-AP