P. Diddy rol in die geld
2011-03-11 14:44
Los Angeles – Die rapper en akteur P. Diddy is die rykste hip-hop kunstenaar met ‘n fortuin van $475 miljoen (sowat R3,3 miljard), het die tydskrif Forbes bekendgemaak.
P. Diddy het Jay-Z verbygesteek wat ‘n fortuin van $450 miljoen (sowat R3,1 miljard) het.
Die rapper en musiekvervaardiger se rykdom word aangevul deur sy Sean John-klerereeks, sy Bad Boy Worldwide-platemaatskappy en ook Ciroc, sy eie vodka handelsaam.
Diddy het onlangs vir sy seun Justin ‘n limousine van £250 000 (sowat R2,9 miljoen) gekoop.
Jay-Z beklee nou die tweede posisie met Dr. Dre in derde plek.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.