'Oscars' vir porno-industrie
2009-10-21 14:42
Parys - ’n Duisend mense het opgedaag vir die Europese pornografie-industrie se weergawe van die Oscars, die “Hots d’Or” oftewel, “Golden Hots”.
Dit is die eerste keer in amper 10 jaar dat die seremonie gehou word.
Tussen 1992 en 2001 was dit kort na die Cannes-filmfees gehou.
Dit is hierdie jaar teruggebring in 'n poging om nuwe lewe in die porno-industrie te blaas nadat dit 'n groot knou deur die digitalisering van die media toegedien is.
“Dis is ons reaksie op die krisis,” het die organiseerder Paul Jerome gesê.
“Billionaire” het die Hots d’Or vir beste film ontvang en die Tjegsiese aktrise, Tarra White, is as die beste aktrise aangewys.
Choky Ice and Jesse Jane het die toekenning vir beste akteurs ontvang.
Die seremonie, wat ook toekennings vir beste optredes en regie uitgedeel het, was ‘n spoggeleentheid wat mense van oral oor Europa, sowel as die VSA gelok het.
Geen beeldmateriaal van die bekroonde produksies is op die aand gewys nie.
- Sapa