Oscar-'verloorders' kry R400 000 se geskenksak
2013-02-21 17:48
Los Angeles – Oscar-benoemdes wat nie ‘n toekenning by die geleentheid in Los Angeles wen nie sal steeds ‘n ‘troosprys’ ter waarde van $45 000 (sowat R400 000) ontvang.
Distinctive Assets, ‘n bemarkingsfirma in Los Angeles, gaan weereens ‘n geskenksakkie, met $45 000 (sowat R400 000) se geskenke in, aan die benoemdes oorhandig.
Die maatskappy het Dinsdag bevestig dat die geskenksakkies weer by vanjaar se Oscars uitgedeel sal word.
Van die geskenke in die sakkie sluit in reise na Australië, Hawaiï en Mexiko, persoonlike oefensessies, kondome, ‘n bottel tequila, akupunktuur en aromaterapie-sessies, ‘n week-lange besoek aan ‘n gewigsverlies toevlugsoord en lidmaatskap aan Heathrow se private BBP-diens.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters