Oscar-benoemings aangekondig
2010-02-02 16:52
Los Angeles – Die benoemings vir die 82ste jaarlikse Oscar-toekennings is aangekondig.
Die tien benoemings vir die beste rolprent vir vanjaar se Oscar-toekennings is:
The Hurt Locker, Avatar, The Blind Side, District 9, An Education, Inglourious Basterds, Up in the Air, Precious, A Serious Man en Up.
Die titel van beste akteur kan gaan aan Jeff Bridges vir Crazy Heart, George Clooney, vir Up in the Air, Colin Firth vir A Single Man, Morgan Freeman vir Invictus of Jeremy Renner vir The Hurt Locker.
Vanjaar se beste aktrises is Sandra Bullock vir The Blind Side, Helen Mirren vir The Last Station, Carey Mulligan vir An Education, Gabourey Sidibe vir Precious: Based on the Novel `Push' by Sapphire en Meryl Streep vir Julie & Julia.
As beste akteur in ‘n ondersteunend rol is Christoph Waltz vir Inglourious Basterds, Woody Harrelson vir The Messenger, Christopher Plummer vir The Last Station, Matt Damon vir Invictus en Stanley Tucci vir The Lovely Bones benoem.
Die beste aktrise in ‘n ondersteunende rol sal gaan aan Penelope Cruz vir Nine, Vera Farmiga vir Up in the Air, Maggie Gyllenhaal vir Crazy Heart, Anna Kendrick vir Up in the Air of Mo'Nique vir Precious: Based on the Novel 'Push' by Sapphire.
Vir die titel van beste regisseur sal Kathryn Bigelow vir The Hurt Locker, James Cameron vir Avatar, Quentin Tarantino vir Inglourious Basterds, Jason Reitman vir Up in the Air en Lee Daniels vir Precious, meeding.
Die Oscar-toekennings sal op 7 Maart vanjaar plaasvind.
- Sapa