Oscar-bekroonde liedjieskrywer pleeg selfmoord
2011-05-23 20:10
Los Angeles – Joseph Brooks, wat roem verwerf het met die
enkelsnit You Light Up My Life en wie intussen van seksuele aanranding
en verkragting aangekla is, het skynbaar selfmoord gepleeg.
Brooks het 'n Oscar-toekenning vir die treffer You Light Up My Life gekry.
‘n
Vriend van hom, met wie hy Sondag ‘n afspraak vir middagete gehad het, het die 73-jarige
man dood in sy woonstel in Manhattan aangetref, berig Huffington Post.
Paul Browne, polisiewoordvoerder, kon nie sê
hoe lank Brooks al dood was toe sy vriend op die lyk afgekom het nie.
Brooks se seun is vyf maande gelede in
hegtenis geneem vir die moord op sy meisie, ‘n mode-ontwerper.
Intussen sou Joseph Brooks self in die hof
verskyn op aanklagte van seksuele aanranding.
‘n Hele paar meisies het die musikant daarvan
beskuldig dat hy hulle seksueel aangerand het tydens oudisies.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.