Osbourne verkies mansvriende bo vriendinne
2010-08-25 00:14
Kaapstad – Kelly Osbourne sê sy verkies dit om met haar mansvriende uit te hang noudat sy enkellopend is.
Die 25-jarige ster, wie verlede maand met haar verloofde Luke Worrall opgebreek het, dink sy kan meer pret hê met haar mansvriende as om met haar vriendinne oor haar verhouding te gesels.
“Sedert ek en Luke opgebreek het hang ek nie rêrig meer met my vriendinne uit nie. Die rede hiervoor is omdat mansmense is eenvoudig.
"Ek is ook nie nou gereed vir ‘n verhouding nie, en ek wil ook nie daaroor praat nie,” het sy gesê.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.