Orlando Bloom kry dalk Aus-troue
2010-06-25 14:50
Australië – Orlando Bloom kan dalk ‘n goedkoop troue in sy verloofde se tuisdorp hê.
Die dorp Gunnedah in Nieu-Suid-Wallis, Australië - waar die ster se verloofde Miranda Kerr oorspronklik vandaan kom - het aangebied dat hulle ‘n straatparade, kompleet met ‘n blaasorkes, vir die paartjie sal hou.
Adam Marshall, die dorp se burgermeester, het gesê: “Ons sal mal wees daaroor om ‘n goeie ou plattelandse troue aan te bied om ‘n plaaslike meisie se goeie geluk te vier.”
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter