Oprah is mal oor die internet
2011-10-28 21:02
Los Angeles – Ná ‘n hoogs suksesvolle loopbaan op televisie,
het Oprah Winfrey besluit om die digitale wêreld van die internet te betree.
Die 57-jarige magnaat maak deesdae met haar
aanhangers kontak deur weekliks op die internet uit te saai.
“Ek het nog nooit soveel pret gehad nie,” het
Oprah gesê.
Winfrey se regstreekse uitsendings, Lifeclass,
was aanvanklik ‘n platform waar mense met haar oor haar nuwe netwerk, die Oprah
Winfrey Network, kon gesels.
Dit het egter so populêr geraak dat Oprah en
haar span besluit het om Lifeclass ook op die Oprah Network uit te saai.
Lifeclass is vroeër die maand vir die eerste
keer regstreeks op die internet uitgesaai.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP