Oprah het begin eet toe film flop
2011-01-13 23:00
New York – Oprah Winfrey sê ‘n laagtepunt in haar loopbaan was toe haar film, Beloved, nie goed gedoen het by die loket nie en sy begin eet het om haarself te troos.
Winfrey het die rol van ‘n voormalige slaaf vertolk.
Die film, gebaseer op ‘n Pulitzer-bekroonde boek, is in 1989 uitgegee.
Ongelukkig vir die vervaardigers, het Bride of Chucky ook daardie jaar uitgekom en al die aandag van Beloved gesteel.
Winfrey sê sy het summier haar sjef gevra om vir haar macaroni-en-kaas te maak sodat sy kan beter voel oor die situasie.
Volg Nuus24 op Twitter.