Oprah bo aan Forbes se rykste vroue-lys
2010-11-12 05:01
Los Angeles - Die 56-jarige Oprah Winfrey pronk bo-aan Forbes-tydskrif se lys van vroue wat die meeste geld verdien, het die lys, wat Donderdag vrygestel is, getoon.
Winfrey het glo $315 miljoen (R2,2 miljard) tussen Junie 2009 en Junie 2010 ingebring.
Daar was hierdie jaar ook vroue onder 30 wat die lys gehaal het.
Die sanger Beyonce Knowles, 29, het $87 miljoen (R603 miljoen) verdien, en Britney Spears, 28, het $64 miljoen (R444 miljoen) ingebring.
Madonna het die vierde plek op die lys gehaal met $58 miljoen (R402 miljoen).
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA