Oprah Winfrey kry haar eie straat
2011-05-12 14:20
Chicago – Oprah Winfrey het Woensdag haar eie straat gekry nadat Richard Daley, uittredende burgemeester van Chicago, haar vereer het.
Daley, wat volgende week sal uittree ná 22 jaar, het die straat voor Harpo Studios na Oprah Winfrey Way verander.
Dít kom nadat Winfrey die ligte van haar kletsprogram, wat in Chicago gebaseer is, na twee dekades gaan afskakel.
Meer as 100 mense het in die straat saamgedrom om die plegtigheid by te woon.
Winfrey sal na die einde van haar program op die Oprah Winfrey Network (OWN) te siene wees, waar sy haar eie programme sal vervaardig en moontlik ook ‘n splinternuwe kletsprogram sal begin.
Volgens haar is ‘n straatnaam beter as ‘n Oscar- of ‘n Emmy-toekenning.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP