Opname van MJ wat skaars kan praat in hof gespeel
2011-09-27 22:00
Los Angeles – ‘n Opname van Michael Jackson waarin hy
duidelik onder die invloed van dwelmmiddels is, is aan jurielede tydens die
hofsaak teen sy dokter, Conrad Murray, gespeel.
In die opname praat Jackson oor sy opkomende
vertoning, maar dit is duidelik aan sy stemtoon en spraak dat hy
bedwelm is.
“Ná my vertoning moet mense sê: ‘ek het nog
nooit so iets in my hele lewe gesien nie,’” sê Jackson met 'n tong wat sleep.
Michael Jackson is op 25 Junie 2009 aan ‘n
oordosis van die kragtige kalmeermiddel propofil dood.
“Nie net wat Michael Jackson se dokter gedoen het nie, maar ook wat hy versuim het om te doen, het gelei tot sy dood,” het die aanklaer, David Walgren, aan jurielede
gesê.
Hy het bygevoeg dat Jackson sy dokter vertrou
het.
“Michael Jackson se vertroue in Conrad Murray
het hom sy lewe gekos,” het Walgren gesê.
Hier is die opname waarna die jurielede
geluister het:
Volg Nuus24 op Twitter.