Opera-sanger onder mes
2010-02-23 10:43
Londen – Die Spaanse tenoor Placido Domingo moet ‘n operasie ondergaan nadat hy maagpyne gekry het tydens ‘n optrede in Tokio.
Domingo sal na verwagting sowat ses weke buite aksie wees.
Die 69-jarige tenoor, wat een van die opera-wêreld se grootste name is en ook dirigeer, moes sy rol as Bajazet in Handel se Tamerlano van die hand wys.
Dié produksie word van Maart af in Londen opgevoer.
Volgens Nancy Seltzer, sy verteenwoordiger, het Domingo se dokters voorgestel dat hy ‘n operasie ondergaan nadat hy van ongemak en maagpyn gekla het.
- Reuters