Oorlog oor konsert vir siek Christa Steyn

2012-01-26 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Oorlog het losgebars ná ’n “geld­insamelingskonsert” in Stellenbosch vir die siek pianis en liedjieskrywer Christa Steyn.

Van die sangers wat in November sonder betaling opgetree het, is woedend en daar is reeds sprake van hofgedinge.

Die organiseerders van die konsert, Maniac Music, het byna twee derdes van die wins self gevat en net ’n derde aan Steyn oorbetaal.

37 Kunstenaars het hul dienste verniet vir die konsert beskikbaar gestel. Onder hulle is David Kramer, Valiant Swart, Anton Goosen, Dowwe Dolla en Anna Davel.

Die Hoër Meisieskool Bloemhof het die perseel vir die konsert gratis beskikbaar gestel.

Die geld sou aan Steyn geskenk word om te help betaal vir die baie duur kankerbehandeling wat sy tans kry. Sy het borskanker wat reeds na die borsholte en lewer versprei het.

Volgens die amptelike inkomste-en-uitgawestaat wat Rika Vermeulen van Maniac Music ná die konsert aan die sangers beskikbaar gestel het, was die bruto inkomste R39 402.

Die wins daaruit was R16 902. Dit is verder verdeel: Maniac Music het R5 648 gevat, nog R5 648,89 is aan Anele du Plessis (ook van Maniac Music) betaal vir “organisasie en verhoogbestuur” en net R6 105 is aan Steyn oorbetaal.

Vermeulen het Woensdag gesê: “Daar word gerugte versprei wat leuens is en ek het regsadvies ingewin.”

Al word daar nie in haar biljette genoem dat Maniac Music ’n hap van die wins gaan vat nie, “weet enige kunstenaar dat so ’n konsert se wins aan die begunstigde oorbetaal word nadat kostes gedek is”, het sy gesê.

Steyn se seun, Douw Steyn, met wie die organiseerders geskakel het, het gesê hy “gaan nie nou al kommentaar lewer nie omdat die kwessie by ons regsadviseurs is”.

Kramer het gesê hy is baie geskok en teleurgesteld oor hoe die wins verdeel is.

“Ja, daar was seker vir hulle ’n bietjie uitgawes, maar dit is gewoonlik minimaal. Ek het nie gehuiwer om verniet op te tree nie omdat ek gedink het al die geld gaan na Christa.”

Goosen het gesê hy sou beslis nie opgetree het as hy vooraf geweet het die wins gaan nie ten volle na Steyn nie.

“Ek is stomgeslaan oor wat hier gebeur het. Ek dink al die kunstenaars, en veral arme Christa, is vir ’n ride gevat.”

Davel het gesê: “My begrip van geldinsameling is dat alle wins aan die begunstigde gaan en dat almal, waar moontlik, hul dienste, tyd, energie en talent verniet gee.

Rika het Christa se siekte en mediese koste 100% as motivering gebruik om 37 kunstenaars gratis op die verhoog te kry.”

Davel het op haar eie koste van Johannesburg na Kaapstad gevlieg vir die vertoning.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: christa steyn  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.