‘Oorinfeksie’ kwel Sheen
2011-01-14 10:55
Los Angeles - Die bekende akteur Charlie Sheen, wat veronderstel was om op die stel van die sitkom Two and a Half Men te wees, is volgens die skinderwebwerf TMZ steeds in Las Vegas.
Sy verskoning: Hy het oorinfeksie.
Sheen het televisievervaardigers in rep en roer gehad toe hy na Las Vegas gereis het vir ‘n partytjie waar porno-sterre ook teenwoordig was.
Die porno-ster Bree Olson en Jesse James se vlam, Michelle McGee, is gesien waar hulle saam met Sheen na sy hotelkamer teruggekeer het.
Sheen het Maandag glo ‘n private straler gehuur om hom terug te neem na die stel van Two and a Half Men in Los Angeles, maar was gou weer terug in Las Vegas om verder partytjie te hou.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.