Onmin in Kinderkoor oor versoek van Rieu

2010-06-03 08:41
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein – Groot ontevredenheid heers onder ouers van sekere lede van die Bloemfonteinse Kinderkoor nadat die internasionaal bekende Belgiese violis André Rieu daarop aangedring het dat die helfte van die koorlede wat saam met hom toer, swart moet wees.

Die kwessie is gisteroggend onder Volksblad se aandag gebring deur ’n ouer van ’n koorlid wat anoniem wil bly.

Dié ouer het aan Volksblad gesê heelwat ouers voel net soos sy. SMS’e het behoorlik tussen ouers gevlieg soos wat hulle hul ontsteltenis oor die saak te kenne wou gee, het sy gesê.

Volgens haar is die algemene gevoel onder die ouers dat die Rieu-versoek uiters onbillik is. Dit kos baie geld om ’n kind in dié koor te hê. Noudat so ’n wonderlike geleentheid hom voordoen, kan net ’n paar dit meemaak.

Die koor, wat vroeër vanjaar deur Rieu bestempel is as die beste kinderkoor met wie hy nog saamgewerk het, vertrek einde vanjaar na België om saam met hom daar op te tree.

Rieu het ook versoek dat net 30 lede van die koor van 64 saam met hom optree.

Boet Troskie, beskermheer van die koor, sê die koor het geen sê in dié besluit gehad nie.

“Rieu beplan om ’n DVD te maak. Óf ons gebruik die geleentheid en verskyn daarin, wat voordelig vir Bloemfontein is, óf ons sê nee daarvoor.”

Die koor, wat gewoonweg sy toergroep volgens senioriteit kies, moes van sy senior koorlede oor die hoof sien om aan Rieu se versoek te kan voldoen.

Dr. Huibrie Verster, dirigent, sê “dit was nie oor die (gehalte van) stemme nie, daar was net nie genoeg plek nie”.

Illoné Fourie (17) is een van die senior koorlede wat ontevrede is omdat sy haar plek nou kwyt is.

“Ek is vyf jaar lank in die koor. Ek dink regtig nie dit is regverdig nie.”

Illoné sê sy was ook vanjaar deel van al die vertonings wat Rieu met die koor in Suid-Afrika gedoen het.

Verster sê ’n vergadering gaan gereël word om Rieu se versoek aan die koorlede te verduidelik.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.