Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Ondersoek begin ná konsert-tragedie

2012-11-08 11:10
Tweets Share Share line Print
Video - Tragedie by konsert
'n Vrou is dood en 19 mense is beseer ná steierwerk buite die Kaapstad-stadion ingegee het voor 'n konsert van die groep Linkin Park. KYK
 

Johannesburg – Die musiekgroep Linkin Park het Donderdag hul medelye betuig met die familie van 'n vrou wat dood is toe steierwerk buite die Kaapstad-stadion ingegee het kort voor 'n vertoning.

Die groep het hulle in 'n verklaring op hul webwerf ook gedistansieer van die "borg of entiteit" wat die struktuur opgerig het.

"Ons is ná ons vertoning... by die Kaapstad-stadion in kennis gestel dat verskeie mense beseer is toe 'n advertensietoring wat in die parkeerterrein buite die stadion deur Lucozade opgerig is, ineengestort het," het die groep se verklaring gelui.

"Ons wil ons diepe hartseer en kommer uitspreek oor die wat beseer is en wil diepe medelye betuig met die familie van die aanhanger wat dood is as gevolg van haar beserings.

"Hoewel ons geen verhouding het met die borg of entiteit wat verantwoordelik was vir die oprigting van die struktuur nie, neem ons die veiligheid van ons aanhangers baie ernstig op en ons gedagtes is met al die mense wat deur hierdie tragedie geraak is."

Kylie Hatton, 'n woordvoerder vir die Stad Kaapstad, het vroeër bevestig dat een mens dood is weens die beserings wat sy opgedoen het toe die steierwerk in 'n sterk wind ineengestort het.

Die vrou is dood ná sy na die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal geneem is.

Altesaam 19 mense is ook in die voorval beseer, en 12 van hulle moes in 'n hospitaal opgeneem word.

Hatton het gesê die polisie ondersoek tans die toneel.

Die tydelike struktuur was buite die stadion opgerig. Dit is voor die konsert ondersoek, en veilig verklaar.

Hatton het gesê amptenare sal die ondersoek gebruik om onder andere vas te stel of die regte goedkeuringsprosedure gevolg is.

Big Concerts, wat die konsert aangebied het, het op sy Facebook-blad sy "diepste simpatie en medelye" met die slagoffer se familie en die beseerdes betuig.

"Ons wil Stad Kaapstad, die Suid-Afrikaanse polisiediens, en al die paramedici, dokters, en rampbestuurpersoneel bedank vir hulle flinke en professionele reaksie op die voorval."

Linkin Park sal op 10 November in Johannesburg optree.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gielman Tiwwe sê... Willy het sewe soorte maagsappe uit Allers gedruk... ;-) Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.