Onderklere-advertensie laat Beckham bloos
2012-02-08 11:08
Londen – David Beckham het nie geweet "waar om te kyk" toe sy onderklere-advertensie Sondag tydens die SuperBowl-voetbalwedstryd uitgesaai is nie.
In dié advertensie vir sy onderklerereeks vir H&M, verskyn die sokkerster net in sy onderbroek en hy erken hy het begin bloos toe die advertensie op TV verskyn.
"Ek is baie skaam. Toe ons SuperBowl in 'n vertrek met sowat 20 mense gekyk het, het ek nie geweet waar om te kyk toe die advertensie uitgesaai is nie. Dit was nogal vernederend."
Beckham het gesê hy was meer op sy gemak toe die advertensie geskiet is, maar hy is baie trots op die onderklere-reeks.
Die aantreklike sokkerspeler het al in 'n onderklere-advertensie vir Armani geskiet.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter