Omroeper in hof oor radiostasie se motor
2010-02-10 19:02
Kaapstad – Die omstrede radio-omroeper DJ Phat Joe het in die landdroshof in Kaapstad verskyn op op aanklag daarvan dat hy in die besit van ‘n gesteelde voertuig was.
Dié radiopersoonlikheid, wie se regte naam Majota Kambule is, is in Oktober verlede jaar deur die radiostasie Khaya FM in Gauteng die trekpas gegee. Hy werk sedertdien vir 104.9 Heart FM in Kaapstad.
Khaya FM probeer sedert sy afdanking om ‘n aantal 'besittings' van Kambule terug te kry, maar sonder enige sukses. Dié radiostasie het glo in Januarie na die polisie gegaan om die saak aan te meld en die hof het daarna ‘n lasbrief vir Kambule se inhegtenisname uitgereik.
Lees meer by: www.tonight.co.za.