Okosa sê nee vir TopTV se porno-kanale
2012-01-27 11:34
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) het TopTV se aansoek om drie nuwe pornografiese kanale bekend te stel, geweier, het Channel24 berig.
Dit bring ‘n dispuut van byna drie maande tot ‘n einde. TopTV het onder wydverspreide kritiek deurgeloop vir hul planne om die Adult XXX, Playboy Europe en Private Spice-kanale in Suid-Afrika bekend te stel.
Okosa het gesê hy sal binne 30 dae redes vir sy besluit verskaf.
TopTV se raad het aangedui dat hy Okosa se besluit sal aanvaar.
TopTV het Vrydag gesê hy sal “wag vir Icasa om hul redes vir die weiering te gee. Tot dan kan ons nie enige kommentaar lewe nie”.
Die hooggeregshof in Johannesburg het onlangs beslis dat TopTV nie sonder Okosa se toestemming pornografiese kanale mag uitsaai nie.
Dié betaalkanaal het in September by Okosa aansoek gedoen vir toestemming om drie pornografiese kanale uit te saai.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Channel24