Obamas hou Spaanse vakansie
2010-07-28 14:32
Kaapstad – Michelle Obama gaan haar jongste dogter, Sasha op ‘n Spaanse vakansie neem by Costa del Sol.
Dié twee sal volgende week vir ‘n private reis saam met familievriende na die oord vertrek, het die Withuis Woensdag gesê.
Pres. Barack Obama sal egter op 4 Augustus sy 49ste verjaarsdag alleen moet vier omdat hul oudste dogter, Malia (12) ‘n somerkamp in Amerika bywoon.
Michelle het glo 30 kamers by die vyfster hotel bespreek. ‘n Kamer by die hotel kos omenby R2 500.
- Vir die volledige storie besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.