Obama se broer weier rolprent
2009-12-14 13:07
Guangzhou - President Barack Obama se half-broer van China het gesê hy het ’n aanbod om in die rolprent "Let the Bullets Fly" te speel, afgekeur, omdat hy nou op sy skryfwerk en welsynwerk wil fokus.
Mark Ndesandjo het Maandag aan AP gesê dié Chinese film met ’n begroting van $18 miljoen (R134 miljoen), is ’n hoë standaard film en ’n baie gewilde produksie met die filmregisseur, Jiang Wen.
Die gewilde akteur, Chow Yun-fat gaan die hoofrol vertolk.
Die Guangzhou Daily News het Maandag berig dat Ndesandjo gevra is om die rol van ’n pastoor te vertolk.
Ndesandjo het die aanboed nie eers oorweeg nie en dit ook nie aanvaar nie.
Ndesandjo, wat onlangs ’n roman gepubliseer het, werk as ’n konsultant in Shenzhen.
-Sapa-AP