Obama en Winfrey kuier saam in SA
2011-06-25 18:59
Kaapstad - Die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, en die kletskoningin Oprah Winfrey het by Obama se hotel in Johannesburg saamgekuier, het ‘n beampte van die Withuis gesê.
Obama, wat Maandagaand saam met haar ma en dogters, Malia (12) en Sasha (10), op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria aangekom het, is op 'n sesdaagse besoek in Suid-Afrika en gaan veral fokus op jeug-leierskap, onderwys, gesondheid en welstand.
Winfrey het Vrydag in Suid-Afrika aangekom en is deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) met ‘n eredoktersgraad vereer.
Volgens Kristina Schake, Obama se kommunikasiedirekteur, het die twee vroue by die hotel waar Obama tuisgaan ontmoet en saamgeëet.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters