Oasis se sanger dalk beoordelaar op X-Factor
2010-12-15 22:00
Los Angeles - Noel Gallagher, voorsanger vir die gewilde Britse rockgroep Oasis, is luidens berigte besig met besprekings oor die moontlikheid om as beoordelaar in die realiteitsreeks X-Factor op te tree.
Musiekmagnaat Simon Cowell is glo ywerig om sy vorige reeks American Idol stof in die oë te skop nadat dié reeks vir Aerosmith se sanger Steven Tyler as beoordelaar gelok het.
Cowell wil nou een van Engeland se bekendste - en mees berugte - sangers inspan. 'n Aanbod is glo ook aan Rolling Stones se Mick Jagger gemaak om deel te word van die Britse X-Factor.
Gallagher (43) blyk egter nie te opgwonde te wees oor die moontlikheid nie, siende dat hy voorheen al die geleentheid om saam met sy groep op die program op te tree, afgeskiet het.
- Volg Nuus24 op Twitter. Kliek hier.