Nuwe stadions lok U2 én Diamond

2010-10-27 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Aanhangers van U2 sal moet spring, want teen Vrydagmiddag sal al die kaartjies vir die Ierse groep se 360 Degree-toer in Suid-Afrika waarskynlik uitverkoop wees.

Só het Justin van Wyk, finansiële hoof van Big Concerts, gesê. Die konserte vind op 13 Februarie in Johannesburg en die 18de in die Kaapstad-stadion plaas.

Verkope het Saterdagoggend geopen en binne die eerste dag is 130000 van die altesaam 169000 kaartjies verkoop.

Volgens Van Wyk hoop hulle om die beskikbare kaartjies in Kaapstad tot 72000 en in Johannesburg tot 101000 op te stoot deur weer van die tydelike sitplekke wat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gebruik is te installeer.

“As ons daarin slaag sal dit beteken Suid-Afrika het die hoogste kaartjieverkope van U2 se 360 Degree-toer wêreldwyd,” het Van Wyk gesê.

“Dit sal ’n taamlike pluimpie vir Suid-Afrika wees om ná die WB-toernooi só iets te kan aankondig.”

Volgens hom “vlieg” selfs van die duurste kaartjies vir gewone sitplekke. Die goedkoopste kaartjies kos R161 en die duurstes R2508. Al die verkope vir die duurste kaartjies in die sogenaamde Red Zone gaan aan die Global Aids Fund waarby die voorsanger van U2, Bono (foto bo), nou betrokke is.

Daar is ook suites by die vertonings beskikbaar wat elk tussen 20 en 35 mense kan akkommodeer. Kaartjies sal tussen R2800 en R5000 elk kos. Meer as die helfte van dié kaartjies is al uitverkoop.

“Dis ’n skouspel. Net soos met die Wêreldbeker wil niemand sê hulle was níé daar nie.”

Kaartjies vir die staanplekke langs die verhoog word die dag van die vertoning verkoop. Van Wyk vermoed mense sal al die dag voor die vertonings buite die stadions saamdrom daarvoor. “Ons sal sanitêre geriewe, sekuriteit en kos reg hê vir dié mense.”

Van Wyk het gesê Suid-Afrikaners sou U2 nooit te sien gekry het as dit nie vir die stadions was wat vir die sokkertoernooi gebou nie. “Dit sou sonder die nuwe stadions onmoontlik gewees het om ’n show op dié skaal te hou.”

Volgens Van Wyk sal dit U2 sowat R90miljoen kos om in Suid-Afrika op te tree. Die hele toer wat oor twee jaar strek het “’n paar miljoen dollar” gekos.

Die nuwe stadions is ook die rede waarom Neil Diamond in April hierheen kom. “Ons probeer Neil Diamond al die afgelope 15 jaar in Suid-Afrika kry, maar tot dusver kon ons nie vir hom opsies bied nie.”

Volgens Van Wyk het Diamond se agent hulle ná die Wêreldbeker-toernooi geskakel en gesê hy wil in die stadions wat hy op die televisie gesien het, optree.

“Danksy U2 en Neil Diamond se shows sal meer as 300000 mense die nuwe stadions besoek,” het Van Wyk gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: konserte  |  u2

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.