Nuwe dramareeks maak debuut op kykNET

2011-07-19 07:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die eerste keer in sy lewe is die regisseur Gerrit Schoonhoven onseker oor hoe mense op sy kuns gaan reageer.

Hartland
, ’n dramareeks uit die pen van Deon Opperman, maak Dinsdag sy debuut op die kassie en Schoonhoven was aan die stuur van dié skip.

Die reeks van 13 episodes gaan na aan die hart sny, waarsku hy. Eietydse kwessies waarmee Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word, is die brandpunt van die reeks, terwyl ’n paar spoke uit die verlede ook opgerakel word, soos net Opperman kan.

Die gesoute akteurs Marius Weyers, Brümilda van Rensburg, Sandra Prinsloo en Johan Scholtz herinner die kyker aan die gespartel om ’n sinvolle toekoms in Suid-Afrika raak te sien.

Die Bosoorlog, ’n tema waaroor Schoonhoven en Opperman albei besonder sterk voel en self beleef het, kom gooi ’n wye draai deur die storielyn en beïnvloed die karakters in hul hedendaagse lewe. En dan die misdaad.

Schoonhoven reken hy sou dié projek nie suksesvol kon aanpak as hy nie self ook met ’n genadelose ystervuis deur misdaad geslaan is nie. Sy suster en swaer is verlede jaar in Madagaskar oorval, doodgekap en aan die brand gesteek.

Hartseer lê in die groewe op sy voorkop en gooi skadu’s in sy oë. Hy het die wrede verlies van geliefdes ervaar, maar ook die medemenslikheid en vergifnis wat uit so ’n gruwel kan kom.

Daarom is Hartland van die hart af geskryf en uit die hart gemaak. Die vergestalting van die storie het uiteindelik ook genesing in Schoonhoven self gebring.

Hy wou jare gelede ’n predikant geword het, maar het besluit hy sal nie ’n goeie prediker wees nie.

Daarna het Schoonhoven sy lyf akteur gehou, maar die kollig was verblindend en om op straat herken te word is nie lekker vir ’n private en skamerige mens nie. Selfs dié onderhoud is teensinnig toegestaan.

Verhoogregie het hom nie lank bekoor nie. Hy beskou die verhoog eintlik as ’n akteursmedium. Dit is net die akteurs wat vreugde en uitdaging daaruit put, meen hy.

Vir Schoonhoven was die herhaling van verhoogregie sieldodend en hoewel hy in dié tyd baie geleer het, verlang hy nie een oomblik terug nie.

Dit was wel in die teater waar hy besef het sy Godgegewe talent is om ander te inspireer.

Oplaas is sy kleinseuntjiedrome vervul, want as televisieregisseur is hy die dirigent pleks van die fluitspeler.

Geliefde produksies soos Meeulanders, Soutmansland,Orion en Plek van die vleisvreters het gevolg en vandag is Schoonhoven ’n heeltydse regisseur van Binnelanders.

Sy lewe draai om die interpretasie en vergestalting van stories. Soos Jesus gelykenisse vertel het om deure vir mense oop te maak, net so gebruik Schoonhoven kuns om stories te vertel.

Die reeks Orion, gegrond op Deon Meyer se gelyknamige boek, was die eerste werk wat opgewondenheid in Schoonhoven ontsluit het. Want hier was ’n ding wat hy verstaan het, op verskeie vlakke goed mee bekend was.

Hy vat-vat aan die linkerkant van sy bors – Orion het aan sy hart kom ruk.

Op 53-jarige ouderdom is Hartland die tweede projek wat werklik met hom praat. Die reeks het ’n brandpunt verskaf waarin al die vorige jare se kennis en ondervinding byeenkom om sy beste werk tot nou te lewer.

Hy het ’n vermoede dat huisgesinne wat na die reeks kyk onder mekaar gaan verskil – vandaar die onsekerheid.

“Hoe sal mense reageer as hulle hulself in ’n produksie herken? Sal dit hulle laat wonder, gedagtes by hulle ontlok en lewensveranderende besluite uitdaag?

Of sal kykers die storie verwerp omdat die verlede en die hede net te seer maak?”

Een ding is seker: Hartland is baie persoonlik en terselfdertyd baie universeel.

  • Hartland speel Dinsdae om 20:00 op kykNET en begin Dinsdagaand. 

- Volksblad

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.