Nuwe, donkerder album vir Jesse Clegg
2011-05-03 15:52
Die gewilde Jesse Clegg se tweede album, Life on Mars, is pas bekendgestel.
Clarissa du Plessis het meer oor die album uitgevind.
Clarissa: Life on Mars is jou tweede album. Wat was jou grootste uitdaging met dié album?
Jesse: Om nuwe en interessante maniere te vind om uitdrukking te gee aan my idees en 'n meer alternatiewe, gestileerde raamwerk te skep. Ek moes my klank so ver moontlik stoot, maar steeds toelaat dat al die liedjies hul wortels in tradisionele akoestiese liedjieskryf het.
C: Wat wou jy anders gedoen het met dié album?
J: Ek het baie geëksperimenteer met kitaar en sleutelbord-effekte. Die lirieke is donkerder en by tye meer sinies. Ek benader my musiek dié keer uit die perspektief van ervaring eerder as onskuld, wat my toegelaat het om meer uitdagend in my onderwerpe te wees. Die musiek is steeds ten volle melodie-gedrewe, maar word op interessanter maniere aangebied.
- Vir meer inligting besoek Jip.
- Volg Nuus24 op Twitter.