Nuwe dokters jaag hartklop op

2009-07-22 08:45
Tweets Share Share line Print

Kyk uit vir Hykie Berg in Binnelanders.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg- Amanda de Lange het vir Hykie Berg en Karl Thaning 'n paar vrae gevra.

HYKIE BERG

Dis lekker om jou in Binnelanders te sien. Was jy nie lanklaas voor die kameras nie?

Ek was lanklaas voor die kameras; seker so ’n jaar gelede. Ek het ’n klein rolletjie in Getroud met rugby gehad, maar het ’n break van die bedryf geneem. Ek wou ander goed gaan explore, maar het gou agtergekom dat ’n skoenmaker hom by sy lees moet hou. En dat jy altyd moet doen wat vir jou lekker is.

Hoe ervaar jy die lewe as ’n sepie-akteur? Wat is lekker/sleg daaraan?

Dit is moeilik om dit te beskryf. Ek sien myself nie as ’n spesifieke soort akteur nie. Ek vat nie die karakter saam met my huis toe nie, alhoewel daar aspekte van die dag is wat jy saamdra huis toe. Maar ’n mens neem ’n hot shower of ’n lekker bad en dan is alles beter. Ek is in die eerste plek ’n akteur, ongeag die genre. Ek sien myself as ’n performer. Ek weet ook waar om die streep tussen my private lewe en my professionele lewe te trek. Wat lekker is, is die spontaniteit van jou audience members – “you get a lot of real-ness”. Dis lekker om te sien dat fans na jou werk kyk en die karakter waardeer. Kuns is een van die dinge wat die wêreld se moraal bepaal of ophef, want dit is entertainment/ontvlugting/ontlading. Wat sleg daaraan is, is die inconsistency van werk. Jy klim nooit ’n corporate ladder nie. Jy moet leer om dikvellig te wees en om te kan budget met jou geld.

Vertel ons bietjie wat ons van Conrad te wagte kan wees.

Hy is baie ambisieus, ontsaglik intelligent en ’n ongelooflike chirurg. Maar hy laat nie mense oor hom loop nie en hy fight vir dit wat hy wil hê. Hy laat niks in sy pad staan nie en dit gaan die audience bietjie gooi. Conrad het ’n liefdevolle hart, maar dit beteken nie dat jy met hom kan mors nie.

En gaan ons die vonke sien spat tussen jou karakter en At Koster?

Die vonke spat definitief. Met iemand soos At is daar nie ’n kwessie dat die vonke nie kan spat as hy oor jou kom nie. Conrad gaan vir At van sy eie medisyne teruggee, en dit is iets wat At nie maklik gaan kan hanteer nie – inteendeel, hy gaan elke oomblik haat.

Wat is die slegste ervaring wat jy al persoonlik met ’n dokter gehad het?

Toe ek op skool was, het ek ’n stukkie lood onder my duim se nael gehad wat verwyder moes word. Dit was nadat ’n passer se punt daarin afgebreek het – moenie vrae vra nie. Die dokter moes lokale verdowing onder my nael inspuit, van albei kante af, tot in die middel van die duim. Dit was verskríklík seer. Die dokter moes my kalmeer en inspuit en die passer se punt verwyder – en dit is ’n pynlike, slegte proses om deur te maak.

KARL THANING

Jy het drama en rolprentwerk oorsee studeer en ook daar gewerk. Hoe is dit om weer in Suid-Afrika te werk?

Ek het heelwat flieks gedoen wat hier geskiet is vir verspreiding oorsee en net teater gedoen wanneer ek oorsee was. Ek het nog nie plaaslik teaterwerk gedoen nie. Ek geniet dit om hier te werk, want die inhoud is baie belangriker.

Sal jy graag eendag wil terugkeer oorsee en vir jouself daar ’n naam maak of is jy permanent terug in die land?

Vir nou is ek hier. My belange is Suid-Afrikaans hoewel ek nie nee sal sê vir daardie soort geleenthede as hulle opduik nie!

Feast of the Uninvited was ’n redelik intense drama en nou is jy op die stel van ’n sepie. Hoe verskil die twee van mekaar?

Die belangrikste verskil is tussen ateljeewerk en by spesifieke bestemmings skiet. Feast het ’n meer onmiddellike begin, middel en einde gehad. Hoewel sepie-werk meer aaneenlopend is, hou die gehalte van die akteurs dit baie dieselfde. Jy sal dalk ’n paar bekende gesigte opmerk oor die volgende paar maande as jy na Feast of the Uninvited gekyk het.

Vertel ons bietjie meer van Nathan en wat ons alles van hom kan verwag.

Nathan is ’n baie energieke chirurg wat toegewyd is aan sy lewe en werk. Hy sal nie ongemerk verbygaan nie, want hy is nie daar om vriende te maak nie. Hy gaan dinge bietjie omdolwe in die Binneland-kliniek. Soos ek is Nathan ’n Kapenaar en hy is Engels; dus sal hy anders as die ander karakters wees.

Wat is vir jou die heel lekkerste ding om te doen wanneer jy tyd vir jouself het?

Ek het deesdae nie juis baie tyd vir myself nie omdat my program by Binnelanders so besig is. Maar wanneer ek kan, is ek lief daarvoor om te fliek en tyd saam met vriende deur te bring.

# Binnelanders word weeksaande om 18:00 op kykNET en M-Net uitgesaai.

 

Lees meer oor: televisie  |  bekendes  |  binnelanders  |  sepies

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.