Nuwe boek oor Michael Jackson vrygestel
2011-11-14 14:31
Los Angeles – Michael Jackson se persoonlike assistent, wat later ook as sy bestuurder opgetree het, het gesê die Koning van Pop het so vroeg as 1999 al begin om die verdowingsmiddel propofol te neem.
Jackson was vyf jaar oud toe hy en Cascio bevriend geraak het. Hulle het daarna baie goeie vriende geword en Cascio het later een van Jackson se personeellede geword.
Cascio skryf in sy nuwe boek My Friend Michael: An Ordinary Friendship with an Extraordinary Man dat hy in 1993 vir die eerste keer agtergekom het Jackson gebruik die mmiddel Demerol toe hy hom op sy Dangerous-toer vergesel het.
Sy boek sal op 15 November op die rakke beskikbaar wees.
Volgens Cascio het twee van Jackson se konserte in 2001 laat begin omdat hy te veel van dié middels in sy aanpaskamer geneem het.
Jackson is glo in 1984 aan Demerol bekendgestel nadat hy sy kop tydens die verfilming van ‘n advertensie vir Pepsi gebrand het.
Jackson se persoonlike dokter, Conrad Murray, is skuldig bevind op ‘n aanklag van onvrywillige manslag in verband met die sanger se dood in Junie 2009.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP