Nuwe betaalkanaal op pad
2010-03-23 12:14
Kaapstad – Suid-Afrika se tweede satelliet-televisiestasie sal na verwagting in Mei bekendgestel word en poog om 'n goedkoper alternatief vir DStv te wees.
On Digital Media, wat binnekort die betaalkanaal TopTV gaan bekendstel, gaan talle kanale bied in pakkette wat wissel tussen R99 en R249 ‘n maand.
TopTV sal plaaslike programme en inhoud van Europa en Amerika, insluitende internasionale studio’s Fox, Warner, Disney, Discovery en CBS bied.
Dit sal nodig wees om ‘n dekodeerder en satellietskottel te koop, maar die koste wat hieraan verbonde sal wees is nog nie gefinaliseer nie.
Lees meer hieroor by Tonight