Nuwe album op pad vir Willem
2011-01-24 15:02
Kaapstad - My ouers sê altyd ek het as kind baie musiekvideo's gekyk," vertel Willem (23).
"Ek het as kind na baie popmusiek geluister en het van kleins af 'n liefde vir entertainment gehad. Ek was mal oor sterre met groot stemme, soos Céline Dion en Westlife, en Afrikaanse sangers soos Laurika Rauch, Steve Hofmeyr en André Schwartz."
Op skool was perdry een van Willem se gunsteling-aktiwiteite en hy het gedink om met diere te werk, is sy toekoms.
Toe hy in gr. 11 was, het sy pa, Theunis, egter 'n advertensie vir Die Burger se Plusster-kompetisie gesien en hom daarvan vertel.
"Ek het nog altyd 'n passie vir sang gehad, maar dit nooit uitgeleef nie.
"Ek sou dieselde tyd as die oudisies aan 'n perdrybyeenkoms op die Parysskou deelgeneem het, maar alles het gelukkig goed uitgewerk. Ek het die oggend 'n rekeningkunde-vraestel geskryf, die oudisies was die middag en die aand het ek teruggevlieg
om by die skou deel te neem," vertel Willem.
Willem sê 'n nuwe album is in die pyplyn en sal hopelik einde vanjaar uitgereik word. Daar is ook sprake van 'n konsepalbum saam met 'n ander kunstenaar.
- Vir meer inligting besoek Jip.
- Volg Nuus24 op Twitter.