Nuwe TV-diens knak onder oproepvolumes

2010-05-03 06:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – TopTV se skakelbord het eergister, sy eerste dag van beskikbaarstelling, onder ’n te hoë oproepvolume geknak.

“Daar is heelwat gefrustreerde inbellers,” het me. Melinda Connor, publisiteitsbestuurder, gistermiddag gesê.

“Mense se oproepe word afgesny of nie beantwoord nie. Ons 30 skakelbordoperateurs hanteer meer as 1 000 oproepe per uur. Kliëntedienspersoneel kom nie by al die oproepe en e-posse uit nie.”

Mense wat dekodeerders wil koop, moet ook eers wag, aangesien al 50 000 Top TV-dekodeerders wat sedert eergister te koop was, dieselfde dag nog opgeraap is, het Connor gesê.

Die dekodeerders was teen R499 in onder andere Pep, Game, Makro, Dion, sekere Jumbo Cash & Carry-winkels, Brown’s, Weirs en ook House & Home landwyd te koop.

Volgens Connor beteken dit dat die uitsaaier DStv se eerste plaaslike mededinger binne die volgende paar dae 50 000 intekenare sal hê.

Die prys van die dekodeerder sluit die satellietskottel sowel as die installasiekoste in.

Kykers wat dekodeerders gekoop het, moet as intekenare regis­treer. In dié proses kies hulle ook watter pakkette hulle wil hê.

Volgens Connor is dit nog nie bekend hoeveel mense al geregis­treer het nie. Sy kan ook nog nie sê watter pakkette die gewildste is nie.

Sy het gesê mense wat nie van die eerste dekodeerders kon kry nie, kan bestellings by die betrokke winkels plaas.Sanri van Wyk

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,995.00

CHRYSLER

PT Cruiser Limited 2.0 AT MPV
2000
R 59,990.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2000
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.