Nuwe James Bond-boek kom dán
2011-01-18 07:07
Londen. – Die jongste James Bond-boek, geskryf deur die Amerikaanse skrywer Jeffrey Deaver, sal Carte Blanche heet en in Dubai afspeel.
Die roman, waarvoor die boedel van wyle Ian Fleming die opdrag gegee het en wat uitgegee sal word deur Hodder and Stoughton in Brittanje, word na verwagting op 26 Mei uitgereik.
Deaver het belowe om die wêreld se beroemdste spioen tot “nuwe uiterstes” te voer en die kwessie te verken van hoe ver Bond behoort te gaan om nasionale en internasionale veiligheid te beskerm.
“Is daar grense wat selfs Bond nie mag oorskry nie?” het Deaver in sy verklaring gevra.
Volg Nuus24 op Twitter