Nuwe Harry Potter-film nie in 3D
2010-10-09 18:05
Los Angeles - Die nuwe Harry Potter rolprent sal nie so dimensioneel wees soos wat dit veronderstel is om te wees nie.
Warner Bros. Studios sê die sewende Harry Potter-rolprent sal slegs in 2D-formaat vrygestel word en nie in 3D soos beplan nie.
Die studio het Vrydag in 'n verklaring gesê hy kon nie die 3D-verwerking van Harry Potter and the Deathly Hallows: Part 1 betyds klaarkry vir sy bekendstelling op 19 November nie en wou nie aanhangers laat wag nie.
Harry Potter and the Deathly Hallows: Part 2 word op 15 Julie 2011 in 2D sowel as 3D vrygestel.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA